Vakansie Verhurings / Holiday Rentals

Du Macha Verhurings spesialiseer in die verhuring van selfsorg
vakansiehuise en woonstelle in en rondom Hartenbos.

Hartenbos lê op die wêreldbekende Tuinroete tussen Kaapstad en Port Elizabeth, ongeveer 8 km van Mosselbaai en 40 km van George-lughawe. Met wye en veilige swemstrande, gematigde klimaat en verskeie aktiwiteite wat aangebied word gedurende die Desember en April skoovakansies is dit geen wonder dat Hartenbos een van die gewildste vakansiebestemmings in die land is nie. 

Du Macha Verhurings se kantoor is in Hartenbos geleë en bestaan al sedert Augustus 1993 en spesialiseer in die verhuring van vakansie verblyf – vanaf “batchelor” woonstelle tot 5 slaapkamer huise. Tariewe wissel van “budget to luxury” – jy besluit self wat jou begroting sal toelaat.

Area’s van beskikbaarheid is Tergniet, Rheebok, Fraai Uitsig, Hartenbos, Hartenbos Heuwels, Bayview, Island View, Diaz Strand, Mosselbaai en Gouritsmond.

Kontak Charmaine vir enige navrae : du-Macha@mweb.co.za

   of 082 9201 911

Stel u belang dat ek u verhurings hanteer?

 Klik hier vir meer inligting